BLOMMETOER - Boesmanland, Namaqualand & Weskus
11 – 18 Augustus 2010 & 6 – 13 September 2010
TOER OORSIG
Die motivering agter hierdie “blomme” toer lê opgesluit in my liefde vir die ongerepte
dele van ons pragtige land. Min reisigers het die voorreg om hierdie “afgeleë ” roete
mee te maak. Nie net fokus dit op die jaarlikes asemrowende pragtige Lente blomme nie,
maar ook op die diversiteit van ons land se natuurskoon. Ons reis neem jou deur die
Moordenaarskaroo, Roggeveld, Hantam, Boesmanland, Knersvlakte, Weskus, Sandveld,
Swartland en die Boland.
Hierdie is ’n geleentheid om behoorlik “weg te breek” en saam met ander natuur
liefhebbers ons land en die skepping te geniet en waardeer.
Kom vat die “agterpaaie” saam met ons......
Dag 1
Oudtshoorn – Seweweekspoort – Laingsburg – Matjiesrivier – Sutherland ( 320 km)
Ons vertrek vroegoggend vanaf Oudtshoorn in ’n westelike rigting ( R62) na die
suidelike ingang van die Seweweekspoort. Buiten die asemrowende geplooide sandsteen
formasies kronkel die Seweweekspoort ook verby die hoogste piek in die Swartberge
(2300m). Ons arriveer vroegmiddag in Laingsburg en geniet ‘’n heerlike middagete by
die Laingsburg Country Hotel.
Vanaf Laingsburg reis ons na Matjiesfontein waar ons noord draai, rigting Sutherland.
Ons reis verby die westelike grens van die Moordenaarskaroo, deur die Roggevelde tot
by Sutherland, bo-op die Roggeveld Plato. Ons oornag by Kambrokind B&B (4-Ster) in 3
afsonderlike huisies. Aandete word by ’n plaaslike restaurant genuttig en ons hoop
vir ‘’n pragtige “oop” sterrehemel.
Dag 2
Sutherland – Middelpos – Calvinia – Nieuwoudville (226km)
Vandag se roete neem ons deur van die mooiste en mees afgeleë landskappe in die
Midde-Karoo streek. Die ongereptheid hiervan word beklemtoon deur die ongeveer 160 km
grondpad wat ons tussen Sutherland en Calvinia aflê. Die oop vlaktes en prominente
dolerietkoppe voed die siel met ‘n nederige en kwesbare skeppingsbewustheid. Met of
sonder die lenteblomme bly hierdie roete een van ons hoogtepunte.
Ons maak ‘n draai by Middelpos waar ons ‘n “natuur en tee” stop maak. Van hier neem
die pad ons van die Roggeveldplato tot by Calvinia in die Hantam….Klipwerf Orkes
wêreld.
Ons geniet ‘n heerlike middagete by ‘n plaaslike restaurant en vertrek dan na
Nieuwoudville waar ons oornag by Van Zijl’s Gastehuis (4-Ster) in gerestoureerde
Dorpshuisies. Vanaand eet ons almal saam by die Smidswinkel Restaurant.
Dag 3
Nieuwoudtville en omgewing
Vandag besigtig ons die natuurskatte van Nieuwoudtville. Ons besoek die Kokerboom woud
asook die pragtige waterval en die Gletservloer voordat ons na Matjiesfontein padstal
vertrek. Hier ontmoet ons 2 legendes van die streek - Hetta en Leana wat die smaaklikste
middagetes in die Hantam voorsit. Ons reis deur die “blomme roete” op die plaas en hoop
om onder andere die Satynblom; Rooikatstert; Perskussing; Spogfluweeltjie en vele meer
te sien ! Nieuwoudtville staan nie sonder rede bekend as die “Bolplant hoofstad van
die wêreld “ nie Namiddag keer ons weer terug na Van Zijl’s gastehuis en verkeer
rustig.
Dag 4
Nieuwoudtville – Vanrhynsdorp – Garies – Springbok ( 310 KM)
Vandag neem ons afskeid van die Boesmanland en daal af na die Knersvlakte via Van
Rhynspas. Vanaf Vanrhynsdorp reis ons noord met die N7 tot by Garies waar ons
middagete geniet. Van Garies reis ons na die hoofstad van die Namaqualand – Springbok.
(Namaqua is die meervoudsvorm van Nama, die groot Khoi-stam wat oorspronklik die streek
beset het.) Ons oornag by die pragtige Daisy Country Lodge ( 4-Ster) vir 2 nagte.
Dag 5
Vandag gaan ons blomme kyk ! Ons maak kontak met ‘n lokale Botanikus wat aanbevelings
sal maak waar ons die mooiste blomme kan sien. Op ons “moet doen” lysie vir vandag is
‘n besoek aan die gewilde “blomme ryk” Goegap Natuurreservaat .
Dag 6
Springbok – Garies – Van Rhynsdorp – Clanwilliam – Elandsbaai – Draaihoek Lodge (440 km)
Ons reis neem ons vanaf die Namaqualand blomme landskap tot die lafenis van ‘n koel
seebries op die Weskus strand. Draaihoek Lodge (naby Elandsbaai) offer luukse
4-ster akkommodasie wat verkwikking bied vir die siel, na die dag se reis. Die gastehuis
is ‘n “hanetreë” van die strand, so ons kan gaan voete natmaak en die Namaqua “stoffies”
afwas. Vanaand eet ons uit die see se “spens”.
Dag 7
Draaihoek Lodge – Veldrif – Piketberg – Porterville – Wolesley – Worcester – Wederom
B&B (270 km)
Vir die wat wil, wag ‘n fris oggend stappie op die ongerepte Weskus strand en daarna
geniet ons ‘n hartlike ontbyt. Van hier af gaan die pas waarteen ons reis, verlangsaam.
Ons reis rustig deur die Swartland en geniet die “vrug van die wynlande” in die Boland,
saam met middagete. Ons oornag by ‘n besonderse gastehuis waar ons by Philip (4de
genarasie Du Toit’s) meer sal leer van die “Italian connection”. Ons geniet ons laaste
nostalgiese aandete saam en vier ons nuwe vriendskappe !
Dag 8
Wederom – Robertson – Montagu –Barrydale - Ladismith – Calitzdorp – Oudtshoorn
(270 km)
Helaas moet alle goeie dinge ook tot ‘n einde kom. Na ontbyt vertrek ons terug na
Oudtshoorn via die Roete 62
WAT IS INGESLUIT EN WAT IS UITGESLUIT BY REISPAKKET:
Dag 1
Ingesluit in reispakket: Akkommodasie – Kambrokind B&B (Sutherland)
Uitgesluit: Middagete & Aandete
Dag 2
Ingesluit in reispakket: Akkommodasie – Van Zijl’s Gastehuis (Nieuwoudtville)
Aandete - Smidswinkel Restaurant
Uitgesluit: Middagete
Dag 3
Ingesluit in reispakket: Akkommodasie – VanZijl’s Gastehuis (Nieuwoudtville)
Uitgesluit: Middagete & Aandete
Dag 4
Ingesluit in reispakket: Akkommodasie - Daisy Country Lodge ( Springbok)
Aandete - Daisy Country Lodge
Uitgesluit: Middagete
Dag 5
Ingesluit in reispakket: Akkommodasie – Daisy Country Lodge (Springbok)
Uitgesluit: Middagete & Aandete
Dag 6
Ingesluit in reispakket: Akkommodasie - Draaihoek Lodge (Elandsbaai)
Aandete - Daisy Country Lodge
Uitgesluit: Middagete
Dag 7
Ingesluit in reispakket: Akkommodasie - Wederom B&B (Robertson Vallei)
Aandete - Wederom
Uitgesluit: Middagete
Betalings en voorwaardes:
Koste : R 5950.00 per persoon wat deel
R 6800.00 enkel persoon
- 50% deposito betaalbaar met registrasie
- Restant van reisgeld betaalbaar 30 dae voor aanvang van toer.
- Minimun passasiers per toer: 10 persone
- Maksimum passasiers per toer : 15 persone
Kansellasie beleid:
- 50% terugbetaling tot 30 dae voor reis
- 25% terugbetaling binne 30 dae voor reis.
- 10 % terugbetaalbaar binne 7 dae voor reis.
Akkommodasie venue’s en restaurante kan gewysig word sonder vooraf kennisgewing.
Back To Guided Tours
|